Hoofdogter: Lariska Knoetze en Hoofseun: Leon Claassen
*******************************************************************************
Hoofleiers 2013
Hoofseun: Du Toit Pretorius en Hoofdogter: Alicia Boshoff
*****************************************************************************
Hoofleiers 2012Hoofseun: Alandré Nel en Hoofdogter: Lisa Boshoff
*********************************************************************************
Hoofleiers 2011
Hoofdogter: Sadé Walter en Hoofseun: Derik Ehlers
Boodskap van die Hoofseun en Hoofdogter 2011
As sloffe het ons die gevreesde ystydperk betree. Die volgende vyf jaar was ‘n uitdaging wat ons skerphoekig in die oë gestaar het. Maar ons het ons Hoërskoolloopbaan met ‘n mengsel van vrees en opgewondenheid aangepak.
Nou staan ons aan die einde van ‘n opwindende hoofstuk. Hoërskool
Richardsbaai en die onvergeetlike herinneringe en ervaringe wat sy vir
ons gebied het, sal ons vir ‘n leeftyd saam met ons dra. Ons
Matriekjaar was ‘n jaar wat te vinnig verby gegaan het, ‘n jaar wat as
platform gedien het vir nostalgie, ‘n jaar wat ons weer laat besef het
wat dit beteken om ‘n Baaitjie te wees.
Ons sluit 12 jaar van harde werk en deursettingsvermoë met trots en dankbaarheid af. Ons bedank ons geduldige onderwysers, ons uitmuntende hoof en liefdevolle ouers vir julle ondersteuning en bystand. Julle was werklik toegewyd en ons is toegerus vir die toekoms. Aan Hanno, Heidi, ons prefekouers, prefekkorps en leerders van Hoërskool Richardsbaai: dankie vir die vertroue, samewerking en ondersteuning. Dit was vir ons ‘n voorreg en plesier om as hoofseun en hoofdogter van Baaitjieland te dien.
Nou klop ons as Matrieks aan die deur van die grootmenswêreld. Mag julle lewenspad vorentoe vol geleenthede, spontaniteit en geluk wees. Maak foute en maak weer foute. Leer om vir jouself en die lewe te lag. As die lewe druk, druk terug. Mag God die enigste konstantheid wees wat julle deurentyd lei.
“I am strong when I am on your shoulders. You raise me up to more than I can be.” Volwaardige Baaitjies sal ons altyd bly. Mag Hoërskool Richardsbaai haar toekomstige Matrieks verryk soos sy ons verryk het. Mag God se beskermende hand Hoërskool Richardsbaai aanhou seen. Ons dra graag Baaitjieland op aan U.
Vivat Pro deo.
Vivat Pro Patria.
Lank lewe ons vir jou.
Ons Hoërskool Richardsbaai!
Derik Ehlers & Sadé Walter
****************************************************************************
Hoofprekte 2010
Hoofdogter: Elandri Claassen en Hoofseun: Luan Cloete
Hoofprekte 2010
Hoofdogter: Elandri Claassen en Hoofseun: Luan Cloete
Boodskap van die Hoofseun 2010 – Luan Cloete
2010 Was ‘n jaar wat generasies nog sal onthou as hulle terugkyk op ons prestasies. Ons tyd saam het vinnig tot ‘n einde gekom, en is daar nie ‘n oomblik wat ek iets wou verander nie.
Die Vratte, ek bedoel, nuwe Baaitjies – dit was ‘n groot voorreg om julle te ontgroen. Julle is volwaardige Baaitjies en kan dit ook met trots sê! Ek glo dat julle julle Hoërskool loopbaan sal geniet en in 2014 almal matrikuleer met koppe omhoog.
Die Matrieks van 2010 – julle het soos my “extended” broers en susters gevoel wat my gedra en ondersteun het. Baie dankie vir al die “bloedsweet”, tyd-opofferings en samewerking. Ons het 2010 betekenisvol gemaak! Die skool gaan nou defenitief nooit weer dieselfde wees sonder ons nie! Die uurglas het uitgeloop en dis tyd vir ‘n nuwe avontuur! Mag die 6de Januarie 2011 alle verwagtinge oortref.
Ons Onnies – dankie vir al die geduld, harde werk en deursettingsvermoë. U het ‘n groot rol in ons elkeen se lewens gespeel, want U was soos ons ouers: ons gestraf wanneer ons verkeerd was, gehelp as ons dit nodig gehad het en deurlopende ondersteuning gebied. Dit is nooit maklik om van familie afskeid te neem nie, dus is dit net tot wedersiens.
Die lewe is soos ‘n spieël, die beeld daarin weerspieël ons uiterlike. Ons kan nie veel aan die weerkaatsing verander nie, ons kan dit net verbeter.
“Life is like a mirror, you get the best results when you smile at it.”
Hoërskool Richardsbaai het ons gehelp om die beste beeld binne onsself raak te sien. Ons
sal ons skool se leuse met trots dra, met elke tree van ons lewe, want
Hoërskool Richardsbaai was meer as net ‘n skool, dit is ons familie.
Net gister was ons ontgroen, vandag het ons gematrikuleer, on more sien ons mekaar weer!
Ek wens U ‘n Geseënde Feesgety toe en ‘n Voorspoedige Nuwejaar.
Luan Cloete