Saturday, 15 March 2014

Hoofleiers

Hoofleiers 2014


Hoofdogter:  Lariska Knoetze en Hoofseun:  Leon Claassen
*******************************************************************************

Hoofleiers 2013
 
Hoofseun:  Du Toit Pretorius en Hoofdogter:  Alicia Boshoff

 *****************************************************************************
Hoofleiers 2012

Hoofseun:  Alandré Nel en Hoofdogter:  Lisa Boshoff

               *********************************************************************************


Hoofleiers 2011


Hoofdogter:  Sadé Walter  en Hoofseun:  Derik Ehlers

Boodskap van die Hoofseun en Hoofdogter 2011

As sloffe het ons die gevreesde ystydperk betree.  Die volgende vyf jaar was ‘n uitdaging wat ons skerphoekig in die oë gestaar het.  Maar ons het ons Hoërskoolloopbaan met ‘n mengsel van vrees en opgewondenheid aangepak.
Nou staan ons aan die einde van ‘n opwindende hoofstuk.  Hoërskool Richardsbaai en die onvergeetlike herinneringe en ervaringe wat sy vir ons gebied het, sal ons vir ‘n leeftyd saam met ons dra.  Ons Matriekjaar was ‘n jaar wat te vinnig verby gegaan het, ‘n jaar wat as platform gedien het vir nostalgie, ‘n jaar wat ons weer laat besef het wat dit beteken om ‘n Baaitjie te wees.

Ons sluit 12 jaar van harde werk en deursettingsvermoë met trots en dankbaarheid af.  Ons bedank ons geduldige onderwysers, ons uitmuntende hoof en liefdevolle ouers vir julle ondersteuning en bystand.  Julle was werklik toegewyd en ons is toegerus vir die toekoms.  Aan Hanno, Heidi, ons prefekouers, prefekkorps en leerders van Hoërskool Richardsbaai:  dankie vir die vertroue, samewerking en ondersteuning.  Dit was vir ons ‘n voorreg en plesier om as hoofseun en hoofdogter van Baaitjieland te dien.
 Nou klop ons as Matrieks aan die deur van die grootmenswêreld.  Mag julle lewenspad vorentoe vol geleenthede, spontaniteit en geluk wees.  Maak foute en maak weer foute.  Leer om vir jouself en die lewe te lag.  As die lewe druk, druk terug.  Mag God die enigste konstantheid wees wat julle deurentyd lei.
 “I am strong when I am on your shoulders.  You raise me up to more than I can be.”  Volwaardige Baaitjies sal ons altyd bly.  Mag Hoërskool Richardsbaai haar toekomstige Matrieks verryk soos sy ons verryk het.  Mag God se beskermende hand Hoërskool Richardsbaai aanhou seen.  Ons dra graag Baaitjieland op aan U.
 Vivat Pro deo.
Vivat Pro Patria.
Lank lewe ons vir jou.
Ons Hoërskool Richardsbaai!
 Derik Ehlers & Sadé Walter

                                           ****************************************************************************


Hoofprekte 2010



Hoofdogter:  Elandri Claassen en Hoofseun:  Luan Cloete
  
Boodskap van die Hoofseun 2010 – Luan Cloete
 2010 Was ‘n jaar wat generasies nog sal onthou as hulle terugkyk op ons prestasies.  Ons tyd saam het vinnig tot ‘n einde gekom, en is daar nie ‘n oomblik wat ek iets wou verander nie.
 Die Vratte, ek bedoel, nuwe Baaitjies – dit was ‘n groot voorreg om julle te ontgroen.  Julle is volwaardige Baaitjies en kan dit ook met trots sê!  Ek glo dat julle julle Hoërskool loopbaan sal geniet en in 2014 almal matrikuleer met koppe omhoog.
 Die Matrieks van 2010 – julle het soos my “extended” broers en susters gevoel wat my gedra en ondersteun het.  Baie dankie vir al die “bloedsweet”, tyd-opofferings en samewerking.  Ons het 2010 betekenisvol gemaak!  Die skool gaan nou defenitief nooit weer dieselfde wees sonder ons nie!  Die uurglas het uitgeloop en dis tyd vir ‘n nuwe avontuur!  Mag die 6de Januarie 2011 alle verwagtinge oortref.

Ons Onnies – dankie vir al die geduld, harde werk en deursettingsvermoë.  U het ‘n groot rol in ons elkeen se lewens gespeel, want U was soos ons ouers:  ons gestraf wanneer ons verkeerd was, gehelp as ons dit nodig gehad het en deurlopende ondersteuning gebied.  Dit is nooit maklik om van familie afskeid te neem nie, dus is dit net tot wedersiens.
  
Die lewe is soos ‘n spieël, die beeld daarin weerspieël ons uiterlike.  Ons kan nie veel aan die weerkaatsing verander nie, ons kan dit net verbeter.
 “Life is like a mirror, you get the best results when you smile at it.”
 Hoërskool Richardsbaai het ons gehelp om die beste beeld binne onsself raak te sien.  Ons sal ons skool se leuse met trots dra, met elke tree van ons lewe, want Hoërskool Richardsbaai was meer as net ‘n skool, dit is ons familie.
 Net gister was ons ontgroen, vandag het ons gematrikuleer, on more sien ons mekaar weer!
 Ek wens U ‘n Geseënde Feesgety toe en ‘n Voorspoedige Nuwejaar.
 Luan Cloete

Geskiedenis van die skool


Op 21 Januarie 1975 open Hoërskool Arboretum as ‘n dubbelmedium skool, in ‘n vooraf-vervaardigde asbesgebou op ‘n tydelike perseel. Volle personeelsterkte van 9 onderwysers, 1 sekretaresse en 76 leerders mnr. G.J. Delport het opgetree as eerste skoolhoof en moes die grondslag lê.

Intussen is daar begin met die bouwerk van ‘n permanente struktuur. In 1978 het  mnr. D.C.F. Heese die leisels as skoolhoof oorgeneem en die huidige skoolgebou word beset met 468 leerders. In 1980 word Hoërskool Richardsbaai amptelik geopen deur Sy Edele mnr. J.C. Botha, administrateur van Natal. Die skoolvlag word aan die skool oorhandig, die kloktoring onthul en die skoollied word vir die eerste keer by ‘n amptelike funksie gesing.

Daar word krieket, netbal, hokkie en rugby gespeel en swem en atletiek word beoefen. Die seuns en dogters drilpelotonne loop met al wat ‘n trofeë is weg en die trompoppies eindig tweede in ‘n Nasionale kompetisie. Die redenaar- en debatspanne floreer en wen talryke kompetisies.

1985 is ‘n waterskeidingsjaar. Die skool open as ‘n Afrikaans-medium skool met ‘n roltal van 732 leerders en die skoolhoof mnr. Heese word oorgeplaas na die Departement Onderwys en Kultuur. In 1986 word mnr. E. Gräter, Hoërskool Richardsbaai se derde hoof. Die skool word ‘n skool in Natal wat gesag afdwing, verskeie leerders verwerf Natal- en Suid-Afrikaanse kleure op uiteenlopende terreine. Kultuurorganisasies blom en revues en verhoogproduksies is luisterryk.

In 1996 word mnr. C.J. van der Westhuizen die skool se vierde hoof. Hy en sy personeel moes baie uitdagings trotseer wat die nuwe politieke bestel aan hul gestel het.  Dié uitdagings het gelei tot nog indrukwekkender prestasies op akademiese-, sport- en kultuurgebied.
Die skool het in 2010 'n totaal van 647 leerders, 35 akademiese- en 11 administratiewe personeellede.Hoërskool Richardsbaai het baie ouers en leerders wat werklik dankbaar en trots kan voel.

Die Here het hierdie skool geseën met wonderlike geleenthede en uitsonderlike prestasies is legio! Deur die jare is daar getoon dat die skool se rol, in die woorde van Ovidius “kosbaarder as goud en duursamer as koper” is.












Mnr. Delport, eerste hoof van die skool, kyk
hoe die bou van die skool vorder